Module-inhoud |
Deel 1: Ontwikkelingsgerigte maatskaplike werk Die oorsprong en aard van maatskaplike welsyn en maatskaplike werk vanuit ‘n nasionale en internasionale perspektief. Sosio-ekonomiese probleme, teikengroepe, spesialiteitsterreine, intervensievlakke (individuele, gesins-, groep- en gemeenskapsvlak), diensverskaffers en rolspelers in die Suid-Afrikaanse konteks. Ontwikkelingsgerigte maatskaplike welsyn; die beginsels, waardes, doel en funksies van maatskaplike werk in ’n ontwikkelingsgerigte perspektief. Kultureel-sensitiewe maatskaplikewerkpraktyk. Deel 2: Maatskaplikewerkintervensie: Gemeenskap Aard en kenmerke van maatskaplikewerkintervensie met gemeenskappe; verkenning van die komponente van gemeenskappe en gemeenskapswerk; die waarde van die ekosistemiese en sterkteperspektief teorie in gemeenskaps¬werk; samestelling van ’n gemeenskapsprofiel en die beginsels van maatskaplikewerkdienste aan gemeenskappe om gemeenskapsmobilisering en -deelname te bevorder. |
Get Social With Us
Download the UP Mobile App